Ek het die laaste tyd baie gewonder wat beteken dit om kerk te wees? As ek dink aan kerk is dit nie die gebou waarheen ons op Sondae gaan nie. Ek dink dat ons elkeen Kerk moet wees, as ek dit sê dan kom die gedagte by my op. Ek kan nie kerk toe gaan as ek kerk is nie!
Wat beteken dat dan om kerk te wees? Daar is `n skrif wat die laaste tyd baie by my opkom en waaroor ek baie dink.
1Korintiërs 14:26 “Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik `n bydrae om te lewer: `n psalm, `n onderwysing, `n openbaring, `n ongewone taal of klank, `n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop.”
Dit klink vir my na kerk, dit klink vir my na iets waarby ek betrokke wil wees. Elke keer as ons bymekaar is het elkeen van ons `n bydrae te lewer. Dit is nie net eenrigting nie. Ons het nodig om te skuif van ‘Ek moet kerk toe gaan’ na ‘Ek is die kerk’ dan gaan my elkedag lewe anders lyk.
Saam met Jesus op `n journey, dit is waar ek nou is. Ek geniet dit baie, soms is daar baie vra- min antwoorde. Dan is daar die tye wat ek net by Jesus wil wees. Ek wil deel wees van Missio Dei. Missio Dei? Die missie van God. Waar werk God? Wat is God se Missie?
Ek het ook op 12 Junie `n BLOG geplaas wat ek van `, web=werf afgelaai het, gaan lees dit so bietjie, dit gaan jou dalk so `n bietjie laat dink. Wil jy saam JOURNEY? Klik hier.